Monday, January 25, 2010

Die verskil tussen dames en regte vrouens...

Dames - As jy per ongeluk te veel sout by 'n dis gegooi het terwyl dit nog kook, gooi 'n geskilde aartappel by, die sout sal opgetrek word.
Regte Vrouens - As jy te veel sout bygevoeg het, is dit 'n jammerte. Ek het dit gemaak en jy SAL dit eet... of maak jou eie

Dames - Hulp vir hoofpyn: Vat 'n halwe suurlemoen, sny dit in die helfte en smeer dit aan jou voorkop. Die pyn sal weggaan.
Regte Vrouens - Vat suurlemoen, meng dit met tequila, en drink, jy mag dalk nog jou hoofpyn hê, maar so what?

Dames - Sit 'n Klein "marshmallow" in die onderpunt van 'n roomyshorinkie om te keer dat die roomys lek.
Regte Vrouens - Suig net die roomys van onder af. Jy lê seker in elk geval met jou voete in die lug op die bank.

Dames - As 'n koekresep sê jy moet die bodem van die pan met meel strooi, gebruik sommer van die droë koekmengsel, dan sal daar nie wit gemors onder aan die koek wees nie.
Regte Vrouens - Gaan bakkery toe, hulle sal die koek sommer versier ook.

Dames - Gebruik 'n washandskoen om bottels oop te maak wat vassit.
Regte Vrouens - Gaan vra daardie aantreklike nuwe buurman.

Dames - Gooi die oorskietwyn in ysblokhouers, vries dit en gebruik dit later in sous en geregte.
Regte Vrouens - OORSKIETWYN? Wat jy waaaaa kry?

No comments:

Post a Comment